Stappe na ʼn “zero-waste”-handsak

Ons elkeen kan elke dag beweeg na ʼn leefstyl waar ons minder rommel vervaardig en ons impak op die omgewing sover moontlik verminder. Hier is ʼn vinnige blik na die produkte wat ek daagliks, wanneer ek uitgaan, saam met my neem (veral wanneer ek buite die huis werk of op daguitstappies saam met my gesin uitgaan). 

zeromb2.jpg

Herbruikbare inkopiesakke

Daar is altyd ʼn paar in my motor en ten minste een in my handsak. Sodra jy dit ʼn instelling maak, raak dit tweede natuur om dit orals saam te neem.

Bamboes-kosblik

Eko-vriendelik, herbruikbaar en baie veiliger vir groeiende kinders. Hierdie kosblik van Bambooya is net so mooi soos wat dit prakties is.

 

Vlekvrye staal-koshouer

Belê in ʼn vlekvrye staal-koshouer met kompartemente, sodat die kos mooi apart geberg kan word en dit baie makliker is om ʼn gebalanseerde en visueel aantreklike ete bymekaar te slaan.

 

Herbruikbare sakkies vir vars produkte

Daar is menige opsies, maar een van die goedkoopste maniere is om sakkies wat jy gebruik om onderklere in te sit vir ekstra beskerming in die wasgoedmasjien – te gebruik vir vars produkte wat geweeg word.

 

Sakdoeke/Lapservette

Ek gebruik sommer ou moeselien-babaspoegdoeke as ʼn sakdoek of servet en wanneer dit vuil is, gooi ek dit bloot in die wasgoedmandjie.

 

Herbruikbare bergsakkies

Hierdie bergsakkies werk so lekker vir vinnige gryp-peuselhappies, en die groot bonus is dat dit baie smal opvou wanneer jy wat binne was, opgeëet het. Ek gebruik die groter sakkies om bessies en piesangs vir smoothies in te vries.

 

Herbruikbare waterbottel (vlekvrye staal)

Ek maak altyd seker dat ek ʼn bottel filterwater gryp voor ek by die deur uitgaan. Dit spaar baie geld, maar hou my ook gehidreerd. Wanneer ek dit nie saamneem  nie, kry ek byna altyd ʼn hoofpyn. My gunsteling waterbottel is van Pura Stainless Steel (verkrygbaar by Faithful to Nature). Lees meer oor hoekom ek so baie daarvan hou hier.

 

Herbruikbare strooitjies

Een van die maklikste dinge wat jy kan insluit in jou “zero-waste”-leefstyl. Ek geniet veral my kompakte mobielhouer van Silicone Depot wat altyd in my handsak bly.

Gebruik jou eie eetgerei

Belê in ʼn stel wat jy in jou sak kan hou, of gryp sommer een uit jou laai.

Beplan jou etes vooruit

Weeklikse maaltydbeplanning sny tyd, geld en onnodige rommel uit en verminder dat kos sleg word en weggegooi moet word. Dit is ook soveel makliker om iets wat reeds voorbereid is, te gryp soos jy uit die deur gaan. Vir wenke hieroor, lees gerus meer hier.

Watter produkte gebruik jy en wat wil jy nog graag verbeter sodat jy ʼn meer volhoubare leefstyl kan handhaaf? los kommentaar onder!

 
Wen! Bambooya (4).png

Wen ʼn Bambooya-geskenkpak op ons Instagram!

Ter waarde van R700!