Praktiese wenke vir wanneer jy siekword

Die afgelope twee jaar rondom die oorgangstyd van winter na lente, het byna almal in ons gesin nogal ernstig siek geword. Met dit ingedagte, het ek 'n paar wenke bymekaargesit oor hoe om siekword te vermy, en as jy nie kan nie, hoe om dit so gou as moontlik te laat verbygaan.

Lemon tea_sick Photo by rawpixel on Unsplash.jpg

Wanneer jy siek is:

  • Gebruik 'n moeselien- of katoenlap in plaas van 'n sneesdoekie om jou neus af te vee.

  • Stel 'n horlosie om ten minste elke 15 tot 30 minute 'n slukkie water te neem.

  • As jy naar voel, sit 'n plastieksak oor jou kussing en 'n handdoek met 'n emmer of bakkie op die grond ingeval jy siek word.

Konkoksies wat kan help: 

  • Vlierbessiestroop (Elderberry syrup

  • Appelasyn (2 eetlepels) in warm water twee maal per dag

  • Warm water met suurlemoen en cayenne-peper

  • Elektrolietoplossing soos Rehidrat

Medisyne om naby te hou:

Bly weg van:

  • Suiker

  • Vetterige kos

Onthou, hoe meer jy kan rus, hoe vinniger sal jou liggaam herstel. Maak jouself gemaklik met 'n warmsak en kombers. Vra vir hulp met gesonde kos, huisskoonmaak, wasgoed en kinders se naskoolaktiwiteite. Hou ook ingedagte dat koors jou liggaam se manier is om die goggas uit te werk, so hou dit fyn dop en as jy kan, laat dit sy natuurlike gang gaan.

Stappe wat kan help:

  • Ontsmet die deurknoppe, toiletspoelknoppie, ligskakelaars en enige ander areas waar daar gereeld aan gevat word.

  • Gooi plastiekspeelgoed wat dalk besmet is, soos Lego’s, in 'n kussingsloop of onderkleresakkie in jou wasmasjien.

  • Jy kan ook sekere plastiekspeelgoed in die skottelgoedwasmasjien se boonste rak sit om deeglik gewas te word.

  • Moenie beddegoed en handdoeke deel nie.

  • As jou kind siek lyk of net nie na hulself lyk wanneer jy hulle by die skool of speelgroepie gaan optel nie, trek hulle dadelik uit, gooi die klere in die was en gee vir hulle 'n lekker warm bad en trek skoon klere aan. Die gogga kan dalk nog op hul klere (of liggaam) leef.

  • Was jou hande gereeld en elke keer nadat jy by die toilet was of jou neus geblaas het.

Nou wil ek van jou hoor – wat is jou beste raad en wenke om gesond te bly of om te volg wanneer jy of een van jou gesinslede siek is?  Deel asb. onder sodat ons almal daarby kan baatvind!