Vakansie-aktiwiteite vir kleuters

Hierdie wintervakansie span Mammieblok saam met Bazoo om vir julle lekker opvoedkundige vakansie-aktiwiteite vir die kleinspan te bring. Oor die volgende twee weke gaan ons ʼn inkleurprent en drie aktiwiteite vir jou gratis beskikbaar stel om af te laai! (Vind die gratis aflaaie heelonder op hierdie blad.)


Maar ken jy vir Bazoo?

Bazoo is ʼn vriendelike skilpad wat op Tafelberg woon, met ʼn voorliefde vir stories en lees! Sy fynbosbuurt-avonture word in die Bazoo-tydskrif, luister-CD’s (geskryf deur Anna Emm en voorgelees deur Deon Lotz) en in boeke vervat.



Wat is Bazoo-tydskrif?

Bazoo-tydskrif* is ʼn storie- en aktiwiteiteboek vir ontluikende lesers wat spesiaal geskep is sodat leerders betyds vaardighede kan ontwikkel om sodoende hul volle potensiaal te bereik!

●        Die inhoud is gekoppel aan die kurrikulum (KABV).

●        Elke uitgawe het unieke onderwerpe met oorspronklike stories.

●        Die stories skep die konteks waarop die aktiwiteite gebaseer is.

●        Hierdie aktiwiteite ondersteun die vaardighede wat noodsaaklik is vir ontluikende lesers se vroeë

geletterdheidsontwikkeling, waarneming, denkvaardighede, fyn motoriese beheer en koördinasie,

rekenvaardighede, luistervaardighede en nog vele meer.

●        Maar bo alles, skep die tydskrif die geleentheid om gehaltetyd met jou kinders deur te bring en om

by hulle ʼn liefde vir lees te kweek!

In ons huis word ons Bazoo-tydskrifte soos goud behandel. Dis soveel waarde vir geld in boekvorm, boonop Afrikaans en propvol opvoedkundige oefeninge. Dit is die perfekte aktiwiteit om te gryp as jy ȇrens gaan waar jou kleuter tyd moet verwyl soos in ʼn restaurant of dokter se wagkamer.

Daar is slegs ʼn beperkte aantal tydskrifte gedruk en daar word nie beplan om in die nabye toekoms weer uitgawes te herdruk nie - dus is hierdie jou laaste kans om nog Bazoo-tydskrifte in die hande te kry! Nog ʼn bonus, dis tans slegs R20 per uitgawe. (Let wel: daar is ʼn paar tweetalige tydskrifte ook beskikbaar.)

Besoek Bazoo om enige van die produkte wat bo genoem is, te bestel.


Wen met Bazoo!

Wen met bazoo-op ons instagram!

Wen 20 tydskrifte EN ‘n luister-CD!

*Outeursreg: Bazoo-tydskrif - Alle regte word voorbehou. Ongemagtigde kopiëring, reproduksie en/of verspreiding van die geheel of ‘n gedeelte van hierdie tydskrif (en die materiaal verskaf op Mammieblok) is streng verbode.