Wenke vir MamaMagic!

Vandeesweek skop die eerste MamaMagic-ekspo vir die jaar in Johannesburg, by die Ticketpro Dome, af. Van Donderdag 23 Mei tot Sondag 26 Mei sal tophandelsmerke hul werk uitstal en Baby City sal ook hul eie winkel binne die ekspo hê wat beloof om groot afslag op alledaagse babaverwante produkte aan te bied. Die Huggies Experts Lounge sal ook in volle swang wees met praatjies oor ‘n wye verskeidenheid van onderwerpe.

Oor die afgelope jare, het ons al verskeie kere na die MamaMagic-ekspo gegaan en wonderlike winskopies raakgeloop. Dit kan egter nogal intimiderend wees wanneer daar soveel stalletjies en besoekers is en vandag deel ek graag wenke wat die ondervinding vir jou hopelik makliker sal maak.

Deel gerus met al jou mammavriendinne in Johannesburg!

MamaMagic wenke1 (2).png
 

Vinnige Mamamagic-skakels:

  • Loer na Baby City se Johannesburg-aanbiedinge hier.

  • Loer na MamaMagic Johannesburg se uitstallersaanbiedinge hier.

  • Lees meer oor die MamaMagic Baby on Board-kompetisie hier.

  • Maak ons energieballetjies hier.

  • Volg Mammieblok op Instagram!


Onthou ook Mammieblok en Ardo se GROOT Moedersmaand-kompetisie waar jy ‘n dubbelelektriese-borspomp ter waarde van R4 299 kan wen! Skryf hier in!

Besoek Ardo Breastfeeding SA by die MamaMagic-ekspo, stalletjie N6 oorkant die huggies experts lounge.