ARDO - Switserse borsvoedingtegnologie nou in Suid-Afrika & WEN GROOT!

Die Switserse familie-maatskappy, ARDO, ontwikkel al vir twee generasies produkte van hoë gehalte in die mediese tegnologiesektor. ARDO-borspompe word wêreldwyd gebruik, onder meer in die Verenigde Koninkryk, Europa, Australië, Indië en die VSA. Die ARDO Carum- en Calypso-elektriese borspompe word selfs deur gesondheidswerkers in die kraam- en neonatalesale van die nasionale gesondheidsdiens-hospitale (NHS) in die Verenigde Koninkryk gebruik om moeders te help om borsmelkvoorrade vas te stel en in stand te hou.

Nou is hierdie bekroonde handelsmerk in Suid-Afrika beskikbaar en ARDO Breastfeeding SA het saam met Mammieblok gespan om aan een baie gelukkige Mammieblok-leser hierdie Moedersmaand van Mei hul vlagskip-produk weg te gee!

Skryf in vir hierdie ongelooflike kompetisie!    Ons het dit baie maklik gemaak om in te skryf - volg net die stappe in die Rafflecopter-kompetisieblok onderaan HIERDIE blog-inskrywing om in te skryf.

Skryf in vir hierdie ongelooflike kompetisie!

Ons het dit baie maklik gemaak om in te skryf - volg net die stappe in die Rafflecopter-kompetisieblok onderaan HIERDIE blog-inskrywing om in te skryf.

Een van die uitstaande kenmerke van ARDO-borsvoedingsprodukte is hul geslotestelsel-borspompe – wat beteken dat borsmelk nie terug in die pomp of in die buis kan ingaan nie. Dus beskerm dit borsmelk en die pomp van besmetting én bied dit ʼn hoë vlak van higiëne. ARDO voldoen ook aan die Wêreldgesondheidsorganisasiekode en ondersteun borsvoeding met produkte van die hoogste gehalte en funksionaliteit. Hul verpleeghulpmiddels bied oplossings vir borsvoedingsprobleme, en behandel hierdie natuurlike proses op ʼn holistiese en effektiewe wyse.

Hoe wens ek ARDO Breastfeeding SA was in Suid-Afrika beskikbaar toe ek my twee geborsvoed het! My persoonlike ervaring met ʼn borspomp het veel te wense gelaat en ek kon op die meeste 50ml uitkry – in een volle uur! Maar daar is hoop en as jy in die mark is vir ʼn uitstekende borspomp, lees bietjie verder.

KOMPETISIETYD! *Gesluit*

Een gelukkige Mammieblok-leser kan ARDO Breastfeeding SA se vlagskip-produk, die Calypso To-Go ter waarde van R4 299 wen!

Al wat jy moet doen is om die kompetisiestappe onder op die Rafflecopter-kompetisieblok te volg!

Calypso-To-Go Content.jpg

dIE CALYPSO TO-GO SLUIT IN:

· Calypso se dubbelelektriese-borspomp met ʼn sak

· Twee pompstelle met ʼn 26mm- en 31mm-borsskerm (met ʼn sak)

· Twee Optiflow (26mm) - ʼn sagte masseringsinvoegsel

· Twee 28mm-borsskermgroottes

· Bottelstaander, 6 bottels, skoonmaakborsel, koelsak met yspakke & borsvoedingsak

· Kombikit – ʼn omskakelhandvatsel sodat jy van die elektriese pomp kan oorskakel na ʼn handpomp

· Twee lipkleppe (spaartoerusting) en ʼn hoofprop (of battery-aangedrewe - 6 AAA-batterye)

· 2 jaar-vervaardigerswaarborg met ʼn uitgebreide waarborg vir tot 400 ure se gebruik (die beste in die mark!)

Volgens ʼn studie, is die Calypso To-Go se dubbelelektriese-borspomp as die stilste borspomp op die mark aangewys (lees meer oor die studie hier). Dit is perfek vir die kantoor of daardie laataande se melkpompsessies.

Met die Calypso To-Go se dubbelelektriese-borspomp kan jy gelyktydig melk uit albei borste uitpomp – wat help om melkvolume te verhoog en in stand te hou. Die borspomp verminder uitpomptyd ook aansienlik (met 10 tot 15min).

ARDO Breastfeeding SA is by Mediplus en Takealot beskikbaar.


Topwenk: dis altyd goed om te begin met ʼn hoë siklusspoed en ʼn lae vakuuminstelling totdat jou melk begin deurloop, daarna kan jy dit aanpas tydens jou melkpompsessie.


*Kompetisie gesluit* SKRYF NOU IN VIR DIE KOMPETISIE

Volg die stappe in die Rafflecopter-kompetisieblok onder om vir hierdie lieflike weggee in te skryf.

BEPALINGS & VOORWAARDES: • Slegs vir Suid-Afrika-inwoners. • Suksesvolle deelnemers moet al die kompetisiestappe in die Rafflecopter-kompetisieblok voltooi het. • Instagram en Facebook word nie geassosieer met hierdie weggee nie. • Die prys mag nie vir kontant geruil word nie. • Die kompetisie sluit Sondag 2 Junie om 24:00 Suid-Afrika-standaardtyd. • Die wenner word op Maandag 3 Junie getrek en sal binne twee dae na die sluiting van die kompetisie bekendgemaak word en op Mammieblok en ARDO Breastfeeding SA se Instagram- en Facebookbladsye gedeel word. • Die wenner sal met ‘n gelukkige trekking gekies word - geen spam- of kompetisierekeninge word toegelaat nie. • Die kies van die wenner is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. • Die wenner moet die prys binne 7 werksdae na aankondiging opeis.